Karlien: Die Lewe in die Kollig as ’n Gelowige Ma

Dit was ’n moeilike pad om te stap, met baie struikelblokke, maar Karlien van Jaarsveld glo sy is nou uiteindelik op ’n goeie plek met ware liefde, kalmte, haar geloof, en haar kinders.

Sy is gelukkig getroud met rugbyspeler Joe Breytenbach en gesels openhartig met Elana oor die moeilike lesse wat sy moes leer, die ure en nagte in die hospitaal met haar dogtertjie, Elah, toe hoop soms skraal was, en haar baie publieke egskeiding.

Karlien praat oor haar ervaring as ’n ma, veral in die konteks van haar loopbaan as bekende sangeres en ’n gereelde teiken van mediakritiek.

Sy deel haar passie oor haar geloof en hoe dit haar help om as ma sterk te staan en haar kinders eerste te stel.

Brought to you by Epi-max Baby & Junior – our family, for your family. Also supported by Jacaranda 94.2.

Luister na die volle potgooi op Apple Podcasts, Spotify en meer: https://linktr.ee/babybrunchsa

Elana Afrika-Bredenkamp