Julian Jansen - Seuns sonder pa's

In SuidAfrika ken meer as 60% van kinders nie hul pa nie. Hierdie gebrek aan ’n pa lei dikwels tot ’n gemis aan ’n gevoel van behoort. Julian Jansen, joernalis van Rapport en oudonderwyser, ondersoek hierdie fenomeen en hoe die probleem aangespreek kan word. Hy bespreek dit vanuit ’n praktiese  n geestelike perspektief en betrek onlangse navorsing en geestelike en ander gemeenskapslede. Julian verweef ook sy eie storie tussenin, en vra dan: Hoekom het hy en sy broers nie skollies geword nie?

Oor die skrywer

Julian Jansen is ’n oudonderwyser aan twee Helderbergse skole. Daar het hy ’n positiewe verandering in "stout" leerlinge se gesindheid bewerkstellig deur hulle liggaamlik en geestelik uit te daag. Die afgelope 10 jaar is hy ’n verslaggewer in Rapport se Kaapstadse kantoor, en was die skrywer van die topverkoper Die De Zalzemoorde.

PodcastGuest User